
Kerk van Engeland sê mishandeling-gevalle neem by hom toe - October 6, 2022
Die Kerk van Engeland sê die aantal gevalle van die mishandeling van weerlose volwassenes en kinders deur lewende geestelikes, ampsdraers en vrywilligers kom op ‘n paar honderd te staan. Britse media berig ‘n hersiening het byna 400 nuwe gevalle uitgewys wat verder bekyk moet word en verdere optrede nodig het. Kinders is betrokke by byna […]
Roemeense leeus pas goed aan by Four Paws - October 6, 2022
Die vyf Roemeense leeus in Four Paws Lionsrock Big Cat Sanctuary, pas goed aan in hul nuwe kamp van drie hektaar in Bethlehem in die Vrystaat. Die dieresorgorganisasie Four Paws het in September verlede jaar vir Roman, Vincent, Dolf, Ellie en Geena gered as deel van ‘n groep van sewe leeus wat uit onvanpaste en […]
Moord op toeris in SA: Polisie ontken arrestasie is gemaak - October 6, 2022
Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie. Dit ten spyte daarvan dat die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, gisteraand tydens ‘n nuuskonferensie bevestig het drie verdagtes is in verband met die misdaad in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, […]
Iyambo verdedig N$55,8m eis van Agribank waar hy op raad gedien het - October 6, 2022
Agribank dagvaar sy voormalige raadsvoorsitter, Michael Iyambo, en sy maatskappye vir uitstaande lenings van 55,8 miljoen Namibiese dollar. Iyambo, wat die saak verdedig het die lenings vir sy Oshikoto Fresh Fruits and Veggies aangegaan. Die bank voer aan dat Iyambo se maatskappy versuim het om sy verpligtinge met die betaling van paaiemente vanaf Junie 2020 na te kom. Iyambo het sy plaas as sekuriteit vir die lening aangebied. Die […]
Tshwane sal vandag verslag doen oor sy werksaamhede - October 6, 2022
Tshwane se burgemeester, Randall Williams, en lede van die veelparty-koalisieregering doen vandag verslag oor die stad se werksaamhede. Die woordvoerder, Sipho Stuurman, sê op plaaslike vlak is die koalisie vennote daartoe verbind om saam te werk tot voordeel van Tshwane se inwoners. Hy sê die verslag sal ook inligting oor sy Eskom-skuld bevat:
EU oorweeg beperking op gasprys - October 6, 2022
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê hulle is gereed om ‘n beperking te oorweeg op die prys van gas wat vir die opwekking van elektrisiteit gebruik word. Nasies in die Europese Unie sukkel om kop bo water te hou met rekordhoë energiepryse en die moontlikheid van tekorte. Dit word veroorsaak […]
Rugby: Toetsspelers 15x meer geneig om motorneuronsiekte te ontwikkel - October 6, 2022
‘n Onlangse studie oor motorneuronsiekte deur die Universiteit van Glasgow dui daarop dat voormalige toetsspelers 15 keer meer geneig is om die toestand te ontwikkel. Navorsers het die gesondheidsuitkomste van 412 voormalige Skotse manlike toetsspelers vergelyk met meer as een-duisend gelyke individue. Die Tydskrif vir Neurologie, Neurochirurgie en Psigiatrie berig voormalige spelers het ‘n groter risiko getoon om ‘n motorneuronsiekte-diagnose te ontvang. ‘n Groep […]
Mpho sê sy’s verwyder sodat ANC met korrupsie kan voortgaan - October 6, 2022
Die afgesette DA-burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, beskryf haar verwydering as ‘n onwettige staatsgreep en ‘n siniese sameswering om die vordering wat die veelparty-koalisieregering sedert Januarie gemaak het, te vertraag. Sy het ‘n aansoek by die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg ingedien in ‘n poging om die raad se besluit om te keer wat haar verwyder […]
Platwurm-infeksies styg skerp in Kavango Wes - October 6, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie sê daar is ‘n toename in gevalle van skistosomiasis in die Kavango Wes-streek. Altesaam 608 vermeende gevalle is aangemeld, waarvan 173 beide klinies en via laboratorium bevestig is. Skistosomiasis is ‘n aansteeklike akute en chroniese siekte wat veroorsaak word deur parasitiese platwurms, wat oorgedra word wanneer individue in aanraking kom met water wat met slakke, wat draers is van die […]
Saak van Amushelelo, Nauyoma, weer uitgestel - October 6, 2022
Die saak van die twee omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met ses ander aangekla word in verband met betogings in Mei by China Town in Windhoek, is in die Windhoek-landdroshof in Katutura uitgestel tot 21 November. Die agt is deur die Spesiale Reserwemag van die Namibiese polisie in hegtenis geneem tydens ‘n betoging toe hulle […]