Opul vergader, gaan produksie verlaag - October 5, 2022

Internasionale nuusagentskappe berig dat Opul en sy vennote vandag groot besnoeiings aan produksie sal maak. Die organisasie vergader vandag. Daar word berig dat die organisasie reageer op die daling in die ru-olieprys wat met amper 5 persent in die afgelope 30 dae gedaal het en met 22 persent oor die afgelope 90 dae. Die daling word toegeskryf […]

Read More

Omstrede Rwanda-plan bly, sê Britse minister - October 5, 2022

Die Verenigde Koninkryk se minister van binnelandse sake, Suella Braverman, sê sy hou by die omstrede Rwanda-beleid en sê hulle kan nie asielsoekers toelaat om die stelsel te misbruik nie. Brittanje en Rwanda het in April vanjaar ‘n migrasie- en ekonomiese ontwikkelingsvennootskap van 120 miljoen Britse pond gesluit. Dit laat die Britse regering toe om […]

Read More

Internet: Daar was onderbrekings in die .na-domein - October 5, 2022

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, se Nasionale Sekuriteit- en Kubervoorvalle-reaksiespan waarsku dat daar ‘n skerp toename in kuber-aanvalle op netwerke is. Die Namibiese inligtingsministerie het bevestig dat Namibië onderbrekings in die punt-na-domein ervaar. Alle domeine wat met punt.na eindig, is geraak, hetsy private of openbare domeine. Namibië is  voortdurend onder aanval van kuberkrakers […]

Read More

Eie sakeondernemings bly uiters belangrik vir Namibië - October 5, 2022

Talle Namibiërs wil hul eie werk skep deur óf klein en medium ondernemings óf volskaalse besighede te begin, maar in die nasleep van die ekonomiese insinking sal baie aspirant-sakemanne en -vroue eerder iewers in diens geneem wil word en hul besighede op ‘n deeltydse basis bestuur, ‘n praktyk waarmee Danny Meyer van SMEs Compete nie […]

Read More

Geweld by SA se skole moet staak, meen Ramaphosa - October 5, 2022

President Cyril Ramaphosa sê voorvalle van geweld, mishandeling en afknouery by skole in die buurland wek groot kommer. Ramaphosa sê voorvalle van rassisme is ontstellend en toon daar is steeds weerstand onder sommige mense teen dit wat die demokratiese regering bereik het:

Read More

Ecclestone se bedrogsaak kom volgende jaar voor - October 5, 2022

Die voormalige uitvoerende hoof van Formule Een, Bernie Ecclestone, sal oor ‘n jaar vir bedrog verhoor word. Die 91-jarige Engelsman staan tereg op ‘n aanklag van bedrog deur wanvoorstelling, omdat hy na bewering versuim het om buitelandse bates ter waarde van meer as 8 miljard Namibiese dollar te verklaar. Ecclestone is in Julie aangekla nadat […]

Read More

Zambië beplan aardgas-pyplyn na Walvisbaai - October 4, 2022

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo en sy Zambiese eweknie, Peter Kapala, sal na verwagting ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking vir die bou van ‘n aardgas-pypleiding van Zambië na Walvisbaai. Die twee ministers sal die ooreenkoms onderteken tydens die tiende sitting van die Namibië-Zambië Gesamentlike Permanente Kommissie van Samewerking wat […]

Read More

FirstRand Namibia skenk toerusting aan Veterinêre Akademiese Hospitaal - October 4, 2022

FirstRand Namibia het kliniese toerusting en mediese verbruiksgoedere ter waarde 500 000 Namibiese dollar aan die Veterinêre Diagnostiese Laboratorium by die Universiteit van Namibië se Veterinêre Akademiese Hospitaal geskenk, asook meer as 130 000 dollar aan Unam Cares. Revonia Job, bestuurder van FirstRand Namibia, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Koeberg se leeftydverlengingstyd deur energie-minister gesteun - October 4, 2022

Die projek om die stoom-opwekker by die Koeberg-kernkragaanleg in die Wes-Kaap te vervang word gesteun deur die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe. Die projek van 20 miljard Suid-Afrikaanse rand is daarop gemik om die aanleg se opwekkingsleeftyd met nog 20 jaar te verleng ná 31 Julie 2024 wanneer sy bedryfslisensie tot ‘n […]

Read More

NV sal slegs wetsontwerpe tot 1 November aanvaar - October 4, 2022

Die Nasionale Vergadering sal slegs wetsontwerpe van nou af tot 1 November 2022 aanvaar. Die speaker, professor Peter Katjavivi, sê dat dit nou standaardprosedure in die Nasionale Vergadering sal wees. Katjavivi het diegene wat wetsontwerpe wil indien, gewaarsku dat hulle net sowat vier weke oor het om dit te doen. Hy het verduidelik dat dit […]

Read More