Reuse-mosiehof-rol vanoggend, 145 aansoekeApril 25, 2025

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehof vandag voor regters Esi Schimming-Chase en Shafimana Ueitele. Daar was ‘n verstommende 145 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 24 op die reël 108-rol was. Banke het 67 aansoeke gebring. Hulle eis 35 eiedomme, waaronder plase, ter waarde van 65,4 miljoen Namibiese dollar terug sowel as 31 lenings met ‘n skuldlas van 14,5 miljoen dollar. Een voertuig moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Lotta Ambunda 79 onverdedigde egskeidings.