Beveg korrupsie, maar waar’s die Fluitjieblaser-wet? - April 24, 2025

Namibiërs wag nog steeds in afwagting dat die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers volledig in werking gestel moet word. Dit is nodig om korrupsie te help ontbloot. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede die belangrikheid daarvan om korrupsie te beveg uitgelig, om die land se natuurlike hulpbronne te beskerm.

Read More

Thales vra vir vryspraak in Zuma-wapentransaksiesaak - April 24, 2025

Die Franse wapenmaatskappy, Thales, het aansoek gedoen om vrygespreek te word in die langdurige korrupsiesaak waarin voormalige president, Jacob Zuma, betrokke is. Thales se prokureur, Cameron Dunstan-Smith, het 16 uitstelle van die verhoor en die dood van sleutelgetuies as redes aangevoer. Dunstan-Smith sê dit belemmer die maatskappy se reg op ‘n billike verhoor. Die Nasionale […]

Read More

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking - April 24, 2025

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en hoe om gesamentlike projekte in […]

Read More

Vingegaard fokus nou net op Tour de France - April 24, 2025

Fietsry: Die tweemalige kampioen, Jonas Vingegaard, sê sy aandag is nou op die Tour de France gevestig nadat hy herstel het van harsingskudding wat hy verlede maand opgedoen het. Die Deen het geval tydens die Parys-na-Nice-wedren en sal na verwagting nie weer deelneem voor die Critérium du Dauphiné, wat van 8 tot 15 Junie plaasvind […]

Read More

President kondig gratis tersiêre onderwys aan - April 24, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef. Haar administrasie het agt prioriteitsareas […]

Read More

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society - April 24, 2025

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du […]

Read More

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring - April 24, 2025

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur ‘n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word in haglike omstandighede aangehou. Hy […]

Read More

Alcaraz onttrek aan Madridse Ope weens besering - April 24, 2025

Tennis: Die eerste-gekeurde Carlos Alcaraz het aan die Madridse Ope onttrek weens ’n besering wat hy verlede naweek in die eindstryd van die Barcelona Ope opgedoen het. Die Spanjaard sou môre sy eerste wedstryd in sy tuistoernooi speel. Die tweemalige kampioen sê hy en sy span het besluit om nie kanse te vat nie, en […]

Read More

USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan - April 24, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.

Read More

Vroue-Futsalspan lei 1-8 nederlaag teen Marokko - April 24, 2025

Namibië se nasionale vroue Futsal-sokkerspan, die Brave 5 Gladiators, is met 8-1 geklop deur die sterk Marokko, gasheernasie van die Futsal Vroue Afrika-nasiesbeker 2025. Dit is die eerste keer dat Namibië aan die toernooi deelneem. Die Gladiators is in Groep A saam met Marokko en Kameroen. Groep B bestaan uit Angola, Egipte en Guinee, en […]

Read More