Drie staatmakers terug vir Wallabies - July 24, 2025

Rugby: Drie sleutelspelers, Will Skelton, Rob Valetini en Dave Porecki, is terug in die Wallabies se span vir Saterdag se tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Australië hoop om hom self reg te ruk na verlede week se nederlaag van 24-19. Skelton vervang Jeremy Williams wat na die bank skuif, terwyl […]

Read More

Swapo-jeugliga staan bankvas agter NNN - July 24, 2025

Die Swapo-jeugliga herbevestig sy steun vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah na die eerste maande van haar administrasie en die bekendstelling van NDP6. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, die sekretaris van die jeugliga.

Read More

Nedbank CitiDash is terug, met verskeie nuwighede - July 24, 2025

Die vyfde Nedbank CitiDash vind op 6 en 7 September plaas, met verskeie veranderinge van vorige jare. Die geleentheid sal begin en eindig by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion en sal die Saterdag afskop met ‘n LiveXpo-skou. Dit sal insluit uitstallers, verkopers, kosstalletjies, drankies, musiek en familie-vermaak. Die CitiDash word die Sondag gehou, met die 10 […]

Read More

Plaaslike effektemark ‘op deurslaggewende stadium’ - July 24, 2025

Namibië se effektemark betree die tweede helfte van 2025 op ‘n deurslaggewende stadium in sy monetêre en strukturele reis, sê Simonis Storm in ‘n verslag. ‘n Finale rentekoersverlaging word later vanjaar verwag, wat ooreenstem met soortgelyke bewegings in Suid-Afrika voor ‘n lang tydperk van stabiliteit. Dit dui op ‘n verskuiwing van ‘n beleidsgedrewe mark na […]

Read More

Verwyder struikelblokke en informele besighede kan formaliseer - July 24, 2025

Reaksie word ontvang op die regering wat as deel van NDP6 950 informele ondernemings teen 2030 wil formaliseer. Die inisiatief is veral op die klein-en mediumsake-sektor gemik om veerkragtige ekonomiese groei te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat, wat positief hieroor is, mits sekere aspekte aandag geniet.

Read More

Kollegas het fouteer met Enercon-transaksie: Mulunga - July 24, 2025

Namcor se voormalige besturende direkteur, Immanuel Mulunga, se getuienis in sy borgaansoek duur voort. Hy het aan die hof gesê een van die redes waarom hy sy werk verloor het, was weens ‘n fout in die hertoewysing van fondse om bates by Enercon vir 53 miljoen Namibiese dollar te koop. Hy sê die raad het […]

Read More

CAR se Ngaïssona en ‘Rambo’ skuldig aan oorlogsmisdade - July 24, 2025

Die Internasionale Strafhof het die voormalige hoof van die Sentraal-Afrikaanse Republiek se sokkerfederasie, Patrice-Edouard Ngaïssona, skuldig bevind aan 28 oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Hy is saam met Alfred Yekatom beskuldig van gekoördineerde aanvalle op die land se Moslem-bevolking in 2013 en 2014. Yekatom, met die bynaam Rambo, is skuldig bevind aan 20 aanklagte. […]

Read More

Almal moet saamwerk teen digitale bedrog - July 24, 2025

Digitalisering in Afrika se finansiële en versekeringsektore het die risiko van gesofistikeerde bedrog verhoog. In Namibië is swak digitale stelsels ‘n verdere risiko, terwyl intydse bedrogopsporing beperk bly. Die bekamping van bedrog verg meer as tegnologie, dit vereis opvoeding, bewustheid en kollektiewe verantwoordelikheid. Ujandja Zatjirua, Old Mutual se forensiese dienstebestuurder het meer.

Read More

Guptas se luukse Saxonwold-wonings op veiling - July 24, 2025

Drie luukse herehuise in Saxonwold, Johanesburg, wat met die Gupta-familie verbind word, word vandag opgeveil. Die eiendomme, wat ook met staatskaping verbind word, sal na verwagting minder haal as die gesamentlike munisipale waarde van 64-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Park Village Auctions hanteer die verkope wat skuld moet delg nadat Atul, Ajay en Rajesh Gupta se firma, […]

Read More

Hamas reageer op Israel-voorstel vir skietstilstand - July 24, 2025

Hamas sê hy het gereageer op ʼn Israelse voorstel vir ʼn skietstilstand van 60-dae in Gaza, terwyl druk toeneem om die vernietigende konflik van byna twee jaar te beëindig. Bemiddelaars is reeds meer as twee weke lank in Katar se hoofstad, Doha, besig om met Israel en Hamas te onderhandel, maar geen ooreenkoms is nog […]

Read More