
DA steeds gekant teen nasionale gesondheidsversekering - October 14, 2022
Die DA sê hy sal voortgaan om sy kommer uit te spreek oor die instel van die Wetsontwerp om die Nasionale Gesondheidsversekerings, wat op dowe ore val. Volgens die party het die gesondheidsombud, Malegapuru Makgoba, aan die parlement erken die departement van gesondheid sal nie die NGV kan instel nie. Die DA-lid, Michele Clarke, sê […]
Sommige Namibiese staatsamptenare kry hul 3% - October 14, 2022
Na ‘n lang en moeilike tydperk van onderhandeling tussen die vakbonde wat die Namibiese staatsamptenare en die regering verteenwoordig, is ‘n ooreenkoms onderteken om staatsamptenare ‘n salarisverhoging van drie persent toe te ken wat tot April vanjaar sou terugdateer. Die regering het die proses begin om hierdie drie persent aan staatsamptenare te betaal. Een staatsamptenaar […]
Byna 800 Namibiërs pleeg selfmoord in 18 maande - October 14, 2022
Vanaf Januarie 2021 tot Julie 2022 het Namibië 790 mense weens selfmoord verloor. Uit hierdie getal was 649 mans, 102 was vroue, en 39 was onder die ouderdom van 18. Uit die totale getal was 124 persone van die Omusati-streek, waarvan 99 mans, 19 vroue en ses jeugdiges – vyf meisies en een seun. Almal […]
Meer as halfmiljoen in 10 jaar by Sassa gesteel - October 14, 2022
Die DA sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het onthul dat meer as 536 miljoen Suid-Afrikaanse rand die afgelope dekade by Sassa gesteel is. Vyftig amptenare het verlede jaar 23 miljoen rand uit die agentskap se koffers gebuit. Sy jaarverslag dui egter aan dat slegs 37 sake na wetstoepassingsagentskappe verwys is vir verdere […]
Oscar-bekroonde akteur spring tronkstraf vry - October 14, 2022
Die Oscar-bekroonde akteur, Cuba Gooding Junior, is nie tronkstraf opgelê nadat hy in April skuldig gepleit het op ‘n misdryf-aanklag omdat hy in 2018 ‘n vrou in ‘n nagklub in New York teen haar wil gesoen het nie. Volgens sy prokureur, Frank Rothman, het drie slagoffers die akteur beskuldig, maar twee van die sake is […]
DA: 70 000 hektaar verwoes in brande in Noordwes - October 14, 2022
Die DA in Noordwes doen ‘n beroep op die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake om dringend hulp te verskaf aan boere en landelike gemeenskappe in die Kagisano Molopo-munisipale gebied. Die omgewing word geraak deur sowat 15 verwoestende weghol-veldbrande wat buite beheer bly. Die DA-lid, Gavin Edwards, sê meer as 70 000 hektaar […]
Vier van NV verskyn in Windhoek-landdroshof - October 14, 2022
Die vier verdagtes wat Donderdag deur die Teen-Korrupsie Kommissie van Namibië in hegtenis geneem is vir die beweerde wanbesteding van 1,2 miljoen Namibiese dollar van die Nasionale Vergadering, het vandag hul eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak. Die beskuldigdes, almal voormalige werknemers van die Nasionale Vergadering, is die prominente bokser en oud-rekenmeester Jason Naule, […]
Nóg ‘n drawwer in die hoofstad aangeval en beroof - October 14, 2022
’n Drawwer is van sy motor en ander items beroof in die Olympia-woonbuurt in Windhoek, langs die nuwe dubbelpad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Volgens die Namibiese polisie het die 63-jarige man sy motor langs die pad parkeer om te gaan draf. Hy het twee ander mans ook sien draf, maar hulle het glo […]
Namibië reik virums vir afstandswerkers uit - October 14, 2022
Namibië het aangesluit by ander lande regoor die wêreld om visums vir afstandswerkers bekend te stel aan internasionale reisigers. Stad Kaapstad sê Suid-Afrika ervaar toenemend die moontlikheid om van digitale nomade se reis-wenslysie weggelaat te word, aangesien meer en meer mededingende bestemmings hierdie visums vir afstandswerkers instel. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê […]
Tshwane-burgermeester veroordeel grondbesettings - October 14, 2022
Die burgermeester van Tshwane, Randall Williams, het die onlangse pogings om grond te beset wat aan die stad in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, behoort, ten sterkste veroordeel. Hy sê die EFF in Tshwane was weer eens aanstigters van die onwettige optrede. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die Metropolisie het verlede week teen […]