Elke Suid-Afrikaner moet R75 000 se skuld namens die regering betaal - November 2, 2022

Suid-Afrika se skuld vir hierdie boekjaar sal na verwagting meer as 4,7 triljoen Suid-Afrikaanse rand beloop. Die 355 miljard rand wat aan skuld-dienskoste bestee is moet by hierdie bedrag gevoeg word. Parlementslede beskou die stygende skuld in die land as onregverdigbaar. Die ekonoom Dawie Roodt het ook alarm gemaak oor die uitwerking wat dit moontlik […]

Read More

Gretha gaan COP27 boikot - November 2, 2022

Die klimaatsaktivis, Greta Thunberg, sal nie die COP27-beraad in Egipte bywoon nie, want sy keur die land se menseregterekord af. Sy sê die komende konferensie van die Verenigde Nasies word in ‘n toeriste-paradys gehou in ‘n land waar vele basiese menseregte geskend word. Thunberg het voorheen die 2019 COP25-beraad in Madrid op die ouderdom van slegs 16 bygewoon, asook die 2021 […]

Read More

Oopsie, vyf leeus ontsnap tydens oorslaap-geleentheid by dieretuin - November 2, 2022

‘n Groot oopsie het by die Taronga-dieretuin in Sydney, Australië plaasgevind. Die dieretuin het ‘n Roar and Snore-program waar besoekers in tente in die dieretuin kan oornag, en dit is toe wat vier leeuwelpies saam met een volwassene uit hul kamp ontsnap het. Magnus Perry was ‘n besoeker. Alles het goed geëindig en vier van […]

Read More

Wetsontwerp vir belastingvrye sanitêre doekies ter tafel gelê - November 2, 2022

Die adjunk-finansminister Maureen Hinda-Mbuende het ‘n wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê om belasting op sanitêre doekies op te hef. Die minister Ipumbu Shiimi het in Februarie tydens sy begrotingsrede reeds die aankondiging gemaak en ook dat dit teen volgende jaar geïmplementeer word. Die leier van die PDM McHenry Venaani het reeds in 2016 in die Nasionale Vergadering gesê sanitêre doekies moet goedkoper wees. Plaaslike […]

Read More

Groot kommer oor dieselpryse en inflasie - November 2, 2022

Die Suid-Afrikaanse Padvragvereniging sê die vervoerkoste van goedere en dienste, asook ‘n verwagte styging die maand in die terugkoopkoers, sal die verbruiker finansieel in die knyp laat beland. Die petrolprys het hierdie maand in die buurland met 51 sent per liter gestyg terwyl diesel een rand-43 sent duurder is. Die vereniging se hoof, Gavin Kelly, sê die voortslepende […]

Read More

Bolsonaro praat, gee nie toe nie - November 2, 2022

Brasilië se verregse president, Jair Bolsonaro, het ingestem om mag oor te dra sonder om regstreeks toe te gee dat hy die verkiesing enkele dae gelede verloor het. Luiz Inácio Lula da Silva het 50,9 persent van die stemme gekry teenoor Bolsonaro se 49,1 persent. Dit was die taaiste presidensiële stryd sedert Brasilië in 1985 na demokrasie teruggekeer het. Bolsonaro het die 58 miljoen kiesers bedank wat vir […]

Read More

Brown sien uit na sege in Hongkong - November 2, 2022

Die Springbok-sewespeler Ronald Brown sê hy sien daarna uit om aan sy eerste Hongkong-sewes deel te neem. Die Blitsbokke sal die naweek in Groep B kragte meet teen Frankryk, Brittanje en Uruguay. Brown sê nadat Neil Powell weg is, het die spelers goed aangepas by die twee nuwe afrigters en ook by die streng Covid-19-protokols in Hongkong: 

Read More

Suikerbedryf in Suid-Afrika staar ernstige bedreiging in die gesig - November 2, 2022

Die nuus van Tongaat Hulett se sakeredding word as ʼn katastrofe beskou vir suikerrietkwekers se waardeketting. Die maatskappy skuld glo 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan kwekers. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging vrees Tongaat Hulett sal verskaffers nie betyds kan betaal nie. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Andrew Russell, sê daar is ‘n groot moontlikheid van verliese in […]

Read More

Inflasie steel brood uit jou mond uit - November 2, 2022

Stapelvoedsel se pryse styg steeds. Volgens die jongste syfers is die huidige inflasie van die kommoditeite op 13 persent in September gemeet, teenoor 7,5 persent wat in September verlede jaar aangeteken is. Met die styging in dieselpryse, sal stapelvoedsel-produkte nog duurder word. Namib Meulens se pryse styg ook met 4 persent op 14 November vanjaar. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap was die […]

Read More

ANC werk aan wettiging van sekswerk - November 2, 2022

Die ANC-regering het bevestig hy is besig om ‘n wetsontwerp te formuleer wat die weg kan baan tot die wettiging van sekswerk in die land. Die minister van justisie, Ronald Lamola, sê die wetsontwerp sal na verwagting teen die einde van die jaar afgehandel wees. Die wetsontwerp sal gepubliseer word en vir openbare kommentaar beskikbaar wees. Lamola […]

Read More