Ons moes beter gedoen het – JC Pretorius

Die Springbok Sewesspeler, JC Pretorius, sê hulle het indringend gekyk na hul teleurstellende vertoning op verlede naweek se Singapoerse Sewestoernooi. Argentinië het die Blitsbokke hul derde opeenvolgende loesing gegee en die troosprys ontneem van in die vyfde plek te eindig. Volgens Pretorius wys besprekings duidelik hulle het nie goed vertoon in Singapoer nie:

Read More

ANC moet meer doen oor klimaatsverandering

Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n beroep op die ANC-regering om in KwaZulu-Natal meer te doen om armes te help wat basiese dienste soos kos en skuiling nodig het. Meer as 300 mense is dood weens oorstromings en modderstortings in die provinsie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die gereelde oorstromings in die oostelike dele van […]

Read More

Motoriste: Luister hier…

Met verkeer wat reeds toeneem op die land se paaie, word motoriste gemaan om versigtig te bestuur. Verkeersowerhede is op patrollie en hulle kyk nie net lisensieskyfies nie. Nampol se verkeershoof, kommissaris Amalia Gawanas het haar waarskuwing aan bestuurders so verwoord.

Read More

Uganda sukkel met kommando-wurm

Uganda sê hy gebruik plaagdoders om ‘n uitbreking van Afrika-kommando-wurm te beveg, wat graangewasse verwoes en in 35 distrikte van die land ontdek is. Die land is ‘n belangrike mielieprodusent en voer ‘n groot deel van sy jaarlikse produksie uit na buurlande, insluitend Suid-Soedan, Demokratiese Republiek van die Kongo en Kenia. Vertraagde reën in baie dele van […]

Read More

SA vertoon swakker as Nam in mynindeks

Terwyl Namibië een van drie lande op die vasteland is wat verbeter het, is Suid-Afrika sewende onder die wêreld se tien swakste mynbou-bestemmings, volgens die Fraser-instituut se jaarlikse oorsig oor mynmaatskappye. Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê dis ‘n uiters teleurstellende weerspieëling van die toestand van mynbou in die land. Die uitvoerende hoof, Roger Baxter, sê die raad […]

Read More

Vlieënde voorwerp val vanoggend Suid van Windhoek…

‘n Luisteraar van Kosmos 94.1 het ‘n voorwerp, wat sy as aan die brand beskryf het, vanoggend omstreeks 07:20 gesien val, net Suid van die hoofstad. Kosmos 94.1 Nuus het navraag hieroor gedoen by dr. Riaan Steenkamp van Unam se fisika departement… hy verduidelik.

Read More

Namibië een van drie wat op Fraser-mynindeks verbeter

Die Fraser-instituut sê die gemiddelde telling vir Afrika se aantreklikheid as ‘n mynwese beleggingsbestemming het in 2021 met 9 punte teruggesak en staan op 51,87. Die vasteland is die tweede swakste beleggingsbestemming vir mynwese. Alle lande het verswak behalwe Mauritanië, Tanzanië en Namibië. Zimbabwe en die DRK lê heel onder met tellings tussen 20 en 30. Namibië se telling […]

Read More

SA-speaker op raad wat bemiddel oor Oos-Europa konflik

Die Tussen-parlementêre Unie in Suid-Afrika het die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aangestel op die Wêreldvereniging van Parlemente se taakmag wat as bemiddelaar optree in die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Haar aanstelling volg na ‘n virtuele vergadering tussen haar en die unie se president, Duarte Pacheco, waar sy amptelik uitgenooi is om deel […]

Read More

Daar is nie gelyke aandag aan swart en wit lewens nie – WGO

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het met verwysing na die krisis in Tigray, Ethiopië, en die oorlog in Oekraïne gesê die wêreld gee nie gelyke aandag aan swart en wit lewens nie. Hy sê verlede maand was daar nêrens ter wêreld ‘n plek waar die gesondheid van miljoene mense meer bedreig was […]

Read More

J-Lo se dokumentêr eerste by Tribeca-fees

Vanjaar se Tribeca-fees skop op 8 Junie af met die wêreldpremière van Jennifer Lopez se nuwe Netflix-dokumentêr, Halftime. Die film volg die sanger terwyl sy gereedmaak vir haar rustyd-vertoning tydens die Super Bowl, Halftime, en haar optrede by die presidensiële inhuldiging. Die Tribeca-fees se medestigter, Jane Rosenthal, sê hulle is trots op die wye verskeidenheid programme wat hulle toewyding aan gelykheid en insluiting […]

Read More