Namibië een van drie wat op Fraser-mynindeks verbeter

Die Fraser-instituut sê die gemiddelde telling vir Afrika se aantreklikheid as ‘n mynwese beleggingsbestemming het in 2021 met 9 punte teruggesak en staan op 51,87. Die vasteland is die tweede swakste beleggingsbestemming vir mynwese. Alle lande het verswak behalwe Mauritanië, Tanzanië en Namibië. Zimbabwe en die DRK lê heel onder met tellings tussen 20 en 30. Namibië se telling is op 52. Marokko is eerste geplaas op 82. Maar, daar is klagtes oor Namibië se wetgewing in verband met mynwese. Projekte word volgens die industrie vertraag omdat aansoeke vir permitte uiters lank neem en maatskappye kan nie die koste van tantieme aftrek nie wat verhoed dat die sektor koste kan verminder en sy mededingendheid verlaag.