SA-speaker op raad wat bemiddel oor Oos-Europa konflik

Die Tussen-parlementêre Unie in Suid-Afrika het die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aangestel op die Wêreldvereniging van Parlemente se taakmag wat as bemiddelaar optree in die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Haar aanstelling volg na ‘n virtuele vergadering tussen haar en die unie se president, Duarte Pacheco, waar sy amptelik uitgenooi is om deel te wees van die globale wetgewende poging. Mapisa-Nqakula sê sy sal ook die Afrika Geo-politieke Groep in die taakmag verteenwoordig: