SA vertoon swakker as Nam in mynindeks

Terwyl Namibië een van drie lande op die vasteland is wat verbeter het, is Suid-Afrika sewende onder die wêreld se tien swakste mynbou-bestemmings, volgens die Fraser-instituut se jaarlikse oorsig oor mynmaatskappye. Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê dis ‘n uiters teleurstellende weerspieëling van die toestand van mynbou in die land. Die uitvoerende hoof, Roger Baxter, sê die raad se groot bron van kommer is die meer as vier-duisend agterstallige aansoeke vir myn- en prospekteerregte, asook aansoeke vir die oordrag van mineraleregte in die Departement van Minerale Bronne en Energie.