Daar is nie gelyke aandag aan swart en wit lewens nie – WGO

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het met verwysing na die krisis in Tigray, Ethiopië, en die oorlog in Oekraïne gesê die wêreld gee nie gelyke aandag aan swart en wit lewens nie. Hy sê verlede maand was daar nêrens ter wêreld ‘n plek waar die gesondheid van miljoene mense meer bedreig was as in die Tigray-streek nie. Ghebreyesus het erken die oorlog in Oekraïne is van wêreldbelang, maar vra of ander krisisse genoeg aandag kry: