Cheetahs wen teen WP, 28-21
Die Cheetahs het sewe oorwinnings uit sewe op hulle kerfstok nadat hulle die Westelike Provinsie met 28-21 in ‘n Curriebekerwedstryd in Kaapstad geklop het. Die WP het nog net een oorwinning in agt wedstryde behaal. Die span van die Vrystaat het teruggeveg nadat hulle in ‘n stadium 14 punte agter was. Tristan Leyds en Angelo […]
Sonneblom- en koring-oeste lê en vrot in die Oekraïne
Die konflik in Oos-Europa sal opwaartste druk op voedselpryse plaas, verby die huidige seisoen. Internasionale nuusagentskappe berig dat naby Odesa, ‘n hawestad in die Oekraïne, word duisende tonne swart sonneblomsaad gestoor, wat gebruik word om kookolie te maak. Die Oekraïne is die wêreld se grootste uitvoerder van saadolie. Geen verkope deur produsente is moontlik nie […]
Weermag word in KZN ontplooi
President Hage Geingob sê KwaZulu-Natal is in Namibië se gebede na die werwoenstende oorstromings in die provinsie. Intussen sê President Cyril Ramaphosa die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal in KwaZulu-Natal ontplooi word om die situasie in die provinsie te hanteer. Ramaphosa sê die regering haal alles uit om die lewens van die mense, besighede en infrastruktuur […]
Rusland eis dat wapenverskaffing aan Oekraïne moet stop
Rusland het die VSA gewaarsku teen “onvoorspelbare gevolge” sou die Amerikaanse President Joe Biden voortgaan om wapens aan die Oekraïne te voorsien. Die waarskuwing is vervat in ‘n diplomatieke nota wat Rusland vandeesweek aan die VSA gestuur het. Volgens berigte meen Rusland dat die wapenstelsels nie net vir verdediging gebruik kan word nie maar ook […]
Mboma hardloop 100-meter 0,41 sekondes stadiger as 1988-wêreldrekord
Christine Mboma het die 100-meter in 10,9 sekondes by die Little Rock Twilight Track and Field Meet in die VSA voltooi. Die wêreldrekord vir vroue in die 100-meter, 10,49 sekondes, word tans deur die Amerikaner Florence Griffith-Joyner gehou. Sy het dit in 1988 opgestel. Mboma het 22,61 in die 200-meter gehaal. Sy en Beatrice Masilingi […]
Natuurbewaarders opgelei by Waterberg
Honderde Suid-Afrikaners wat in die motorbedryf in Durban werk kan hul posisies kwyt wees indien bedrywighede nie in die hawe binnekort hervat word nie. Dit volg na groot skade na die onlangse vloede. Vertragings in die waardeketting wat eers deur Covid veroorsaak is en toe vererger word deur die konflik in Oos-Europa kompliseer die kwessie […]
KZN-vloede: Honderde kan werk verloor
Honderde Suid-Afrikaners wat in die motorbedryf in Durban werk kan hul posisies kwyt wees indien bedrywighede nie in die hawe binnekort hervat word nie. Dit volg na groot skade na die onlangse vloede. Vertragings in die waardeketting wat eers deur Covid veroorsaak is en toe vererger word deur die konflik in Oos-Europa kompliseer die kwessie […]
VN-voedselprogram kostes styg skerp
Bedryfskoste van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sal vanjaar in Wes-Afrika met 136 miljoen Amerikaanse dollar styg weens die wêreldwye styging in voedsel- en brandstofpryse wat deur die oorlog in die Oekraïne aangedryf word. Die program het reeds uitdagings om die voedselkrisis in Wes-Afrika aan te spreek en is gedwing om rantsoene in sewe lande […]
Vlugteling wen lotery, kan nie geld eis sonder papiere nie
‘n Algeriër wat skuiling in België het, sukkel om 250 000 Britse pond, amper 4,8 miljoen Namibiese dollar, wat hy in die lotery gewen het, op te eis, omdat hy nie dokumente het nie. Volgens die land se reëls moet die fondse in ‘n bankrekening inbetaal word maar hy kan nie sonder bewys van sy […]
Suide-boere geteister deur muise (en sprinkane)
Muise is op die oomblik, saam met sprinkane, ‘n groot uitdaging in veral die Suide van Namibië. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in plae, sê muisplae is nes sprinkane uiters sporadies. Hy sê boere het ‘n opsie om eenvoudig die plaag sy natuurlike gang te laat gaan omdat gifstowwe moontlik nie net die ekostelsel negatief […]