Vlugteling wen lotery, kan nie geld eis sonder papiere nie

‘n Algeriër wat skuiling in België het, sukkel om 250 000 Britse pond, amper 4,8 miljoen Namibiese dollar, wat hy in die lotery gewen het, op te eis, omdat hy nie dokumente het nie. Volgens die land se reëls moet die fondse in ‘n bankrekening inbetaal word maar hy kan nie sonder bewys van sy identiteit die rekening oopmaak nie. ’n Vriend, met die nodige papiere, wat die geld vir hom probeer eis het, is vlugtig aangehou weens die vermoede van diefstal van sy kaartjie. Owerhede sê hy sal sy familie in Algerië kontak om die nodige bewyse te kry. Die 28-jarige man se identiteit is nie bekend gemaak nie.