Rusland eis dat wapenverskaffing aan Oekraïne moet stop

Rusland het die VSA gewaarsku teen “onvoorspelbare gevolge” sou die Amerikaanse President Joe Biden voortgaan om wapens aan die Oekraïne te voorsien. Die waarskuwing is vervat in ‘n diplomatieke nota wat Rusland vandeesweek aan die VSA gestuur het. Volgens berigte meen Rusland dat die wapenstelsels nie net vir verdediging gebruik kan word nie maar ook vir aanvalle. Dit kom dae nadat die Biden-administrasie ‘n bykomende 800 miljoen Amerikaanse dollar se militêre hulp aan die Oekraïne aangekondig het.