Cheetahs wen teen WP, 28-21

Die Cheetahs het sewe oorwinnings uit sewe op hulle kerfstok nadat hulle die Westelike Provinsie met 28-21 in ‘n Curriebekerwedstryd in Kaapstad geklop het. Die WP het nog net een oorwinning in agt wedstryde behaal. Die span van die Vrystaat het teruggeveg nadat hulle in ‘n stadium 14 punte agter was. Tristan Leyds en Angelo Davids het die tuisspan se drieë gedruk, terwyl die stut Alulutho Tsakweni die besoekers se eerste van vier drieë in hul bonuspunt-oorwinning aangeteken het.