Wet op Regulering van Elektrisiteit in SA goedgekeur

Die kabinet in die buurland het die wysigings aan die Wet op die Regulering van Elektrisiteit goedgekeur en dit is nou oop vir kommentaar. ‘n Ontleder van die energiesektor, Chris Yelland, het gesê die goedgekeurde wysigingswetsontwerp sal groot veranderinge vir die elektrisiteitsbedryf sowel as vir Suid-Afrikaners meebring. Yelland sê die nodige wetlike raamwerk en die […]

Read More

Covid-19: 15 leerders toets positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 36 nuwe Covid-gevalle uit 1 260 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,9 persent is. In die groep is 15 leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 708 aktiewe gevalle, waarvan 61 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 368 434 persone is ten volle ingeënt.

Read More

IPPR stel Nasionale Teenkorrupsie-netwerk bekend

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vanoggend die Nasionale Teenkorrupsie-netwerk in die hoofstad bekend gestel. Dit is ‘n netwerk wat bestaan uit burgerlike samewerkingsorganisasies, die privaat sektor, media, tradisionele owerhede, geloofsorganisasies en nie-regeringsorganisasies. Die program sal oor drie jaar deur die Amerikaanse ambassade in Namibië finansieel ondersteun word. Die projek sal ook ‘n aanlyn-fluitjieblaser-portaal in […]

Read More

Begroting: So sal Shiimi maak om inkomste te verhoog

Daar word verwag dat die minister van finansies Ipumbu Shiimi teen die einde van die maand die begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Die regering is onder baie druk en Kosmos 94.1 Nuus wou by die Cirrus-ekonoom Robert McGregor weet waar hy verwag die regering sy inkomste sal verhoog…

Read More

Bek- en klouseer is verby in Zambezi

Alle beperkings op dierebewegings in die Zambezi-streek is opgehef. Die Namibiese landbouministerie sê die uitbreking van bek- en klouseer in die gebied, wat in Mei verlede jaar bevestig is, is verby. Die laaste geval was op 4 November 2021. Die hoof veeartsenybeampte by die ministerie dr. Albertina Shilongo het boere bedank…

Read More

Mark, onderhandeling moet lone bepaal, sê TLU

Die arbeidsmark moet toegelaat word om homself te reguleer sodat ‘n werkgewer ongeskoolde mense kan aanstel teen ‘n onderhandelde vergoeding wat plaaswerkers minstens die geleentheid sal bied om te presteer. Dit is die reaksie van die buurland se Transvaalse Landbou-unie op die onlangse aankondiging dat die minimum loon verhoog tot 23 Suid-Afrikaanse rand en 19 […]

Read More

Eerste Russiese troepe keer terug basis toe…

Rusland sê sommige van sy militêre eenhede keer terug na hul basisse terug ná oefeninge naby die Oekraïne. Die aankondiging vanoggend volg ná dae van Amerikaanse en Britse waarskuwings dat Moskou sy buurland enige tyd kan binneval. Dit is nie onmiddellik duidelik hoeveel eenhede onttrek word nie. Die nuus is het ‘n versigtige reaksie in […]

Read More

Sielkunde student in SA kan nie registreer nie, kwalifikasie is in Afrikaans

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie, AfriForum, staan ‘n sielkundestudent met regshulp by teen die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika om te verseker sy aansoek vir registrasie word oorweeg. ‘n Woordvoerder, Alana Bailey, sê die raad weier om sy aansoek te voltooi omdat sy honneursgraad-sertifikaat in Afrikaans is. Sy sê die student, Du Toit Genis, het ‘n semi-dringende […]

Read More

Voedselpryse hoër in Januarie…

Die inflasiesyfer vir Januarie is op 4,6 persent gemeet. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê vervoer en voedsel stoot die syfer op wat op 4,5 persent in Desember gemeet is. Voedsel is wel duurder en volgens die NSA, is vrugte op met 12,8 persent, olies en vette me t12,7 persent, vleis met 10,6 persent, suiwel met 4,9 […]

Read More

Staatswerkers moet verhoging kry – NUNW

Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers het gereageer op salarisverhogings vir staatswerkers. Die Onderwysersvakbond van Namibië sê hy sal stappe teen die regering neem sou hy hulle pleidooi vir salarisverhogings verder ignoreer. Die vakbond se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha sê staatsamptenare het amper sewe jaar gelede ‘n verhoging ontvang. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die vakbond […]

Read More