Skerp afname in Covid regoor Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Afrika ervaar die langste afname in weeklikse Covid-infeksies sedert die begin van die pandemie. Weeklikse gevalle het in die afgelope 16 weke gedaal en sterftes in die laaste agt, met 239 sterftes in die afgelope week, regoor die vasteland. Die komende winter kan moontlik weer ‘n styging in gevalle veroorsaak en die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, sê dit bring weer die moontlikheid vir nuwe variante na vore. Plaaslik is gevalle ook uiters laag met 54 gevalle wat Donderdag bevestig is. Daar is gekonsentreerde uitbrekings in skole.