Namfisa sal nog oor FIMA konsulteer

Namfisa sê hy sal, waar dit nodig is, verder konsulteer op die bepalings van die nou omstrede FIMA-wetgewing. Die wetsontwerp het wyd reaksie uitgelok omdat dit lede van pensioenfondse verhoed om meer as 25 persent van hul fondse te onttrek voor die aftree ouderdom van 55. Volgens Namfisa, het kommentaar van die industrie reeds op 28 Februarie gesluit maar, die owerheid evalueer steeds die insette en sê die kwessie sal verder bespreek word en konsultasies sal voortduur voor die standaarde gefinaliseer word.