Aandag op ingewandskoors, cholera in KZN

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê hy werk saam met water en sanitasie om te verseker gemeenskappe wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geraak word, het veilige drinkwater. Die gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê die departement sal verseker inwoners het behandelde water om die gevaar van ingewandskoors en cholera te beperk. Sy aankondiging volg op waterkrisisse in verskeie dele van Durban weens ‘n tekort aan lopende kraanwater ná die oorstromings: