Al die olie-winste van die week is verlore…

Al die winste wat die week in die ru-olieprys aangeteken is, is verlore. Brent het ses-uur gisteraand skerp gestyg en uitendelik gesluit op 111 Amerikaanse dollar en 70 sent per vat. Die mark het gereageer op die nuus dat die Europese Unie nader beweeg om ‘n plan om ‘n gefaseerde verbod op invoere van Russiese olie te aanvaar. Duitsland is veral afhanklik van Russiese olie en die plan sal lande ‘n geleentheid bied om alternatiewe verskaffers te vind. Olie het vroeër die week baie goed vertoon en het op ‘n stadium op 98 dollar ‘n vat verhandel.