Cook-eiland bevestig eerste geval van Covid-19

Cook-eiland het die eerste geval van Covid-19 sedert die begin van die pandemie aangemeld. Dit het gebeur net voordat die Suidseeland sy grense vir toeriste wou oopstel. Die nasie van sowat 17-duisend mense het wêreldwyd een van die hoogste inentingsyfers met 96-persent van die bevolking wat hul dubbeldosis ontvang het. Die virus is opgespoor in ‘n seun van tien-jaar oud wat in kwarantyn was nadat hy en sy gesin Donderdag met ‘n terugvlug aangekom het, waarskynlik van Nieu-Seeland af.