158 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 158 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 112, Luderitz 11, Walvisbaai 10 ,Gobabis 6, Swakopmund en Rehoboth 4 elk en Okahandja 3. Die res kom landwyd voor. Daar is 679 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 129 796. Die totale sterftesyfer is tans 3 574.