Die Lions klop die Stormers

Rugby: Die meeste van die twee-duisend toeskouers in die stadion in Kaapstad is gisteraand teleurgesteld huis toe nadat die Lions die Stormers 37-19 geklop het. Dit was die Kaapstadse span se eerste Verenigde Rugby tuiswedstryd. Francke Horn se tweede drie in die laaste minute het aan die besoekers ‘n bonuspunt besorg. André Warner en Vincent Tshituka het hul ander drieë gedruk. Stefan Ungerer, André Hugo Venter en Seabelo Senatla het vir die Stormers oorgeduik.