Lekker motorsport vanaand

Motorsport: Lewis Hamilton het Mercedes in die eerste wegspringplek geplaas vir vanaand se eerste Saoedi-Arabiese Grand Prix. Die Brit se spanmaat, Valtteri Bottas, is saam met hom daar. Hamilton se Red Bull-teenstander en Formule Een-voorloper Max Verstappen het in ‘n muur vasgery op die laaste hoek van sy finale rondte op die straatroete. Verstappen, wat vanaand ten minste tweede moet eindig om ‘n kans te staan om die titel te wen, het in die derde plek klaargemaak. Sy motor se ratkas is bevraagteken en hy kan daarvoor ‘n wegspringstraf kry.