Meatco stel boere gerus

Vandat Meatco aangekondig het dat hulle nou 63 Namibiese dollar per kilogram aanbied vir alle grade beeste met ‘n karkasgewig van 180 kilogram of meer in Februarie, het hulle gesien hoe boere positief hierop reageer. Rosa Hamukuaja-Thobias, Meatco se korporatiewe verhoudingsbestuurder, het boere gerusgestel dat Meatco primêre produksie verseker.

Read More

Epstein se medewerker dood gevind in Paryse tronk

Die Franse modelleer-agent en Jeffrey Epstein se medewerker, Jean-Luc Brunel, is dood aangetref in ‘n tronk in Parys. Die 76-jarige Brunel is in Desember 2020 in aanhouding geneem as deel van ‘n ondersoek na bewerings van verkragting, seksuele aanranding en seksuele teistering. Die was ‘n voorlopige ondersoek om te bepaal of Epstein, die ontslape finansierder […]

Read More

Tennis: Kanadees pak Rus in eindronde in Marseille

Tennis: Die opkomende Kanadese ster, Felix Auger-Aliassime, het sy tweede opeenvolgende eindronde bereik en sal teen Andrey Rublev van Rusland te staan kom om die Marseille-titel. Auger-Aliassime het die Russiese kwalifiseerder, Roman Safiullin, met 7-6, 7-6 geklop. Die sewende gekeurde Rublev het in sy halfeindstryd ontslae geraak van Benjamin Bonzi van Frankyk met 6-3, 4-6, 6-3. Rublev maak ‘n gewoonte daarvan om die Franse se hoop tydens die toernooi te verpletter […]

Read More

DA sê salarisverhogings vir ANC-kaders is verraad

Die DA sê die minister van die staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, se besluit om ‘n salarisverhoging van 450 miljoen rand vir miljoenêr-bestuurders in die staatsdiens toe te ken, is ‘n belediging vir die privaatsektor en die meer as tien miljoen werklose Suid-Afrikaners. Leon Schreiber van die DA sê dit volg op leë beloftes deur […]

Read More

NamWater se hoofpyplyn tussen Okahandja en Windhoek weer beskadig

Volgens Stad Windhoek is NamWater se hoof-pyplyn vanaf Okahandja na Windhoek weer beskadig. Die pyplyn is weer op dieselfde plek beskadig as die vorige keer op 10 Februarie toe die hoofstad wateronderbrekings ondervind het. Stad Windhoek sê watervlakke in die stad se reservoirs is tans nog op redelike vlakke.

Read More

Storm Eunice eis lewens, saai verwoesting

Die storm Eunice veroorsaak steeds sterk rukwinde in die noordweste van Europa langs Duitsland se kuslyn. Dit het reeds 13 lewens geëis en uitgebreide skade aan eiendom veroorsaak, asook reuse kragonderbrekings. Honderde vlugte, treine en veerbote is gekanselleer regoor die noordweste van Europa. Eunice het toegeslaan minder as 48 uur ná storm Dudley, wat ten […]

Read More

Krieket: Rohit Sharma is Indië se toetskaptein

Krieket: Rohit Sharma is aangewys as Indië se toetskaptein, een van die posisies in wêreldsport wat gepaardgaan met die grootste druk. Die aanstelling voltooi Sharma se oorname van die leierskap van al die formate, na Virat Kholi se uittrede. Die 34-jarige Sharma sal die span aanvoer in die opkomende reeks van twee toetse teen Sri Lanka wat volgende maand begin. Kohli het verlede maand as toetskaptein bedank, ná hy verlede jaar uitgetree […]

Read More

Thabo Mbeki veroordeel ANC se opvolgingsgevegte

Die voormalige Suid-Afrikaanse President, Thabo Mbeki, sê Suid-Afrikaners wat die realiteit van stygende werkloosheid en maatskaplike ongelykheid in die gesig staar, gee nie om oor die ANC se interne opvolgingsdebat nie. Die voormalige president het ‘n besoek aan die Vrystaat op afgesluit. Die doel was om eenheid en hernuwing van party-strukture te bevorder. Mbeki is […]

Read More

Stadspolisie arresteer dronk taxibestuurder wat teen lamppaal bots

Die Windhoekse stadspolisie het die verdagtes in hegtenis geneem wat in ‘n wit Volkswagen Polo-taxi inwoners van die hoofstad die afgelope paar weke geteister en van hul besittings beroof het. Patrollie-beamptes van die stadspolisie het die voertuig by die Goreangab-waterfront opgemerk, waarna dit weggejaag en ‘n lamppaal getref het. Volgens die stadspolisie was die bestuurder […]

Read More

Alliansie vir groen infrastruktuur vir Afrika beplan

Die Afrika Ontwikkelingsbankgroep en Africa50, in vennootskap met die Afrika Unie-kommissie en die Afrika Unie-ontwikkelingsagentskap, ondersoek die moontlikheid om met internasionale vennote saam te werk om ‘n alliansie vir groen infrastruktuur in Afrika te vorm. Die president van die Afrika-ontwikkelingsbankgroep, Akinwumi Adesina, het dié aankondiging gedoen tydens ‘n gesprek oor klimaatsverandering en energie-oorgang in Brussel, […]

Read More