Twee vas oor renosterstropery, ivoorsmokkelary

Twee vermeende wildmisdadigers is in twee verskillende sake van onderskeidelik renosterstropery en ivoorsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese wildmisdaadverslag is beslag op twee olifanttande gelê nadat ‘n 64-jarige man, Angustinus Luvengu, by Ndioyna in hegtenis geneem is. Die 25-jarige Joseph Fernandu is by Oshivelo in hegtenis in verband met sameswering om ‘n renoster te […]

Read More

Beroepsokkerspelers vra vir nuwe reël oor harsingskudding

Sokker: ‘n Liggaam wat die professionele spelers in Engeland en Wallis verteenwoordig het ‘n beroep gedoen vir ‘n nuwe reël wat tydelike vervangings sal toelaat indien ‘n speler gedurende ‘n wedstryd harsingskudding opdoen. Die beroepspelersvereniging het reageer op die verdediger van Leeds United, Robin Koch, se kopbesering tydens gister se Premierliga-wedstryd teen Manchester United. Hy het voortgespeel vir etlike […]

Read More

DA stel voor brandstofbelasting moet gesny word

Die DA sê ten einde groeivlakke in Suid-Afrika te ontsluit en geleenthede vir ekonomiese deelname in die land moontlik te maak, sal die regering regulerings- en oorsigheffings vir die finansiële sektor moet verlaag. Die DA se woordvoerder oor finansies, Dion George, sê brandstofbelasting moet gesny word, daar moet belastingverligting op huurinkomste vir individuele belastingbetalers wees, […]

Read More

Stad Tshwane hou ingewandskoors dop

Die Stad Tshwane sê hy hou ‘n wakende oog oor sporadiese gevalle van ingewandskoors in die stad. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, het ‘n beroep op inwoners gedoen om versigtiger te wees omdat bakterieë die sistemiese siekte veroorsaak, en dit word versprei wanneer besmette kos of water ingeneem is of weens direkte kontak van […]

Read More

Oranje-, Zambezi- en Okavangoriviere se vlakke styg

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n waarskuwing uitgereik oor Namibiese riviere wat in vloed is. Die Oranjerivier by Blouputs se vlak was vanoggend 2,19 meter. Die Zambezirivier bly styg en was vanoggend by Katima Mulilo 2,44 meter, wat bo-normaal is. Die Okavangorivier se vlak by Rundu was vanoggend 5,30 meter wat hoër is as […]

Read More

Vlieëniers van Kenya Airlines land vliegtuie veilig midde storm Eunice

Vlieëniers van Kenya Airlines is geprys vir hulle heldhaftigheid, nadat hul daarin geslaag het om vliegtuie veilig in Europa te land tydens die onlangse storm Eunice. Ruth Karauri het ‘n suksesvolle landing op Londen se Heathrow-lughawe uitgevoer en haar kollega, Clive Nyachieo, het op Schiphol in Amsterdam geland. Miljoene mense het aanlyn gekyk hoe Karauri […]

Read More

Gemeenskapskoshuis in Kunene kry 83 matrasse, 22 stapelbeddens

Die Namibiese onderwysministerie het 83 matrasse en 22 stapelbeddens vir die gemeenskapskoshuis van die Otjerunda Gekombineerde Skool in die Kunene-streek gekoop. Dit volg nadat foto’s op sosiale media wys leerders slaap op beddens sonder matrasse of drie leerders deel een matras. Matrasse is reeds verlede week afgelewer en die beddens sal binnekort afgelewer word by […]

Read More

Unieke ekonomiese geleenthede vir daggabedryf in Gauteng

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê ná uitgebreide gesprekke met rolspelers in die daggabedryf het hul in die afgelope 12 maande die unieke ekonomiese geleenthede in die provinsie uitgeken. Hy het sy provinsiale rede in Brixton gelewer. Makhura sê daar sal vanjaar ‘n toegewyde eenheid in die provinsiale regering gestig word om aandag te […]

Read More

Verskeie akkommodasie-geriewe wen eko-toekennings

Eco Awards Namibia het die afgelope naweek by die toerisme-kongres van die Gasvryheidsvereniging van Namibië verskeie akkommodasie-geriewe met eko-toekennings beloon. Die toekennings word toegeken op grond van eko-vriendelike beginsels. Dit bevorder die oordeelkundige gebruik van hulpbronne deur die gebruik daarvan te verminder, te herwin en te hergebruik vir volhoubare toerisme. Hazel Milne van Eco Awards […]

Read More

Vreugde toe duisende Australiërs kan terugkeer

Daar was groot vreugde toe duisende Australiërs na hulle land kon terugkeer vir die eerste keer in ongeveer twee jaar, nadat die regering die grense vir ingeënte reisigers oopgestel het. Omtrent 500 internasionale vlugte sal na verwagting vandag in die land aankom. Die eerste minister, Scott Morrison, sê dit is ‘n opwindende dag waarna hy […]

Read More