Driekamp loop oop aan die kus

Die 2022 Afrika Driekamp-kampioenskap op Swakopmund was ‘n reuse-sukses, volgens die organiseerders. Twee Duitse mans, Tim Hellwig en Valentin Wenz, is onderskeidelik eerste en tweede oor die wenstreep, met Stefan Zachäus van Luxemburg in die derde plek. In die elite vroue-afdeling is die wenner ook ‘n Duitse burger, Annika Koch. Suid-Afrikaner Shanae Williams is die naaswenner, gevolg deur Silke de Wolde van Nederland in die derde plek. Organiseerder Roual Spangenberg is aan die woord.