Macron vat hom weer, eerste president in 20 jaar wat dit regkry

Emmanuel Macron is herverkies as Frankryk se president. Hy het 58,55 persent van die stemme gekry teenoor die verregse leier, Marine Le Pen, se 41,45 persent. Hy is die eerste Franse president in 20 jaar wat ‘n tweede keer verkies word. Tydens ‘n saamtrek aan die voet van die Eiffel-toring, het Macron beloof om die woede en ontevredenheid van kiesers wat verregs gestem het, doeltreffend te hanteer. Net minder as 72 persent kiesers het by die stembus opgedaag, wat die laagste is sedert 1969.