ANC-regering moes beter belê het in infrastruktuur, en onderhoud

Die Universiteit van KwaZulu-Natal sê Suid-Afrika kan miljarde spaar as die regering in die behoorlike onderhoud van dreinerings- en stormwaterstelsels belê. Die hoof van siviele ingenieurswese by die universiteit, Mohamed Mostafa, sê die regering moet roetine-onderhoud instel om toekomstige voorvalle te verhoed en wydverspreide skade aan talle paaie te vermy wat deur swaar reën en vloede getref word.