Zuma sê Putin is ‘n man van vrede

Die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma sê sonder Westerse magte se inmenging, kan die konflik tussen Oekraïne en Rusland vinnig en vreedsaam opgelos word. Zuma sê hy is seker President Vladimir Putin sal terugkap en alles in sy vermoë doen om vrede ‘n realiteit te maak omdat hy hom ken as ‘n man van vrede. Intussen […]

Read More

N$3 miljard nodig in Ethiopië

Die Verenigde Nasies se vlugteling-agentskap doen ‘n beroep vir meer as 3 miljard Namibiese dollar om beskerming en bystand wat lewens kan red te lewer aan meer as 1,6 miljoen mense wat weens die konfik in die noordelike deel van Ethiopië ontwortel is. Burgerlikes, insluitend vlugtelinge en mense wat intern ontwortel is, gaan gebuk onder […]

Read More

Olifante land in VAE aan

Na talle ontkennings het die Namibiese omgewingsministerie uiteindelik erken dat die 22 olifante van Gerrie Odendaal na die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer is. Die ministerie was sy hande en sê die uitvoer van die diere was die besluit van die bieër, Odendaal. Daar is ook geen melding gemaak van waar in die VAE die diere […]

Read More

Nuwe kliniek, geen personeel nie

Die kliniek by Nkurenkuru in die Kavango Wes-streek, wat in September verlede jaar voltooi is, is steeds gesluit as gevolg van ‘n tekort aan verpleegsters en ander personeel. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe, sê daar is op die oomblik ‘n landswye tekort aan verpleegsters deels as gevolg van baie werklose gesondheidsorgwerkers wat […]

Read More

Ons weet steeds nie waar Fikile is nie

Daar is talle vrae oor of die Suid-Afrikaanse minister van vervoer Fikile Mbalula in die Oekraïne is of nie. Hy het so plasing op sy Twitter-blad gemaak en daarna, kon media geen verdere uitsluitsel kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat. Hy sê ook dat die ANC-regering versigtig […]

Read More

Haas dank Mazepin af

Die Russiese jaer, Nikita Mazepin, het sy teleurstelling uitgespreek nadat Haas se Formule Een-span sy kontrak met hom beëindig het. Die span het ook sy titel-borgskap-ooreenkoms met die Russiese firma, Uralkali, gekanselleer. Dit volg nadat Formule Een verlede week gesê het hy sal nie vanjaar in Rusland wedrenne hou nie, nadat dié land sy buurland […]

Read More

Brandstofprys: Koop elektries!

Elektriese motorverkope is aan die toeneem namate brandstofpryse aanhou styg. Vroeër vanjaar het Kalifornië die eerste Amerikaanse staat geword wat meer as een miljoen elektriese voertuie in die VSA verkoop het. Volgens AutoPacific het verkope van elektriese voertuie verlede jaar byna 500 000 bereik, en vanjaar sal die getal na verwagting met 37 persent styg […]

Read More

Valke moet diefstal van SAPS se wapens ondersoek

Die buurland se parlementêre portefeulje-komitee oor polisie wil hê die Valke moet die diefstal van vuurwapens by die Norwood-polisiestasie in Johannesburg dringend ondersoek. Die komitee se voorsitter, Tina Joemat-Petterson, sê die verdwyning van 158 vuurwapens is ontstellend, veral gesien in die lig van pogings om die strate van onwettige vuurwapens vry te maak. Die komitee […]

Read More

Russe vlug ook, Finland toe

Volgens berigte vlug baie Russe uit hulle land en steek die grens na Finland oor. Internasionale media berig mense is angstig weens die knaende gerugte dat President Vladimir Putin se regering binnekort krygswet gaan instel om die betogings teen die inval in Oekraïne te stuit. ‘n Vrou het by die grens in ‘n onderhoud gesê […]

Read More

Dolly bied môre Country-toekennings aan

Die fokus gaan môre op Dolly Parton wees by die 57ste Academy of Country Music-toekennings. Die musiek-legende gaan die Las Vegas-geleentheid aanbied saam met mede-sanger- en liedjieskrywer, Jimmie Allen en opkomende ster, Gabby Barrett. Die toekenningsplegtigheid sal ‘n huldeblyk aan die 76-jarige Parton deur die sanger en Grammy-wenner, Kelly Clarkson, insluit. Parton is een van […]

Read More