Kommer oor foutiewe spoedkameras in Johannesburg

Die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, David Tembe, het kommer uitgespreek oor die kwessie van foutiewe spoedkameras. Dit volg nadat die vervolging van alle spoedoortredings in die stad gestaak is. Volgens Tembe is die kameras reeds vir byna ‘n jaar buite werking.