SARU maak stem dik oor beperkings op toeskouergetalle

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie het die week weer sy stem dik gemaak en die land se regering gevra om so gou moontlik die huidige beperkings op toeskouergetalle by sportbyeenkomste af te skaf. Die unie sê die sport verkeer tans onder hewige finansiële druk as gevolg van die twee jaar van inperkings, en die 50 persent limiet by groot sportbyeenkomste. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.