Vyf sesse in ‘n ry vir Stokes

Krieket: Engeland se pas-aangestelde toetskaptein, Ben Stokes, was vandag op sy beste in ‘n graafskapswedstryd toe hy vyf sesse in een boulbeurt geslaan en sy 20ste eerste klas-honderdtal van net 63 balle af aangeteken het. Hy speel sy eerste wedstryd van die seisoen vir Durham en die ongelukkige bouler was Worcestershire se 18-jarige hotklou-draaibouler, Josh Baker. Stokes was onoorwonne op 147 teen middagete op dag twee. Hy het op nommer ses ingekom, dieselfde posisie wat hy aangekondig het hy gaan speel in toekomstige toetse vir Engeland.