Te min veeartse in SA landelike gebiede

Die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad het sy kommer uitgespreek oor die tekort aan veeartsenykundige dienste in landelike gebiede. Volgens die raad se president, Tlotlo Kgasi, is die koste van veeartsenykundige studies baie hoog en dit kan ‘n bydraende faktor tot die tekort wees. Kgasi sê verskeie oplossings moet ingestel word om die aantal veeartse in die land te vermeerder. Dit sluit in om na die studiekoste te kyk om meer studente te lok, asook die uitbreiding van die aantal veeartsenykundige fakulteite om voorsiening te maak vir die vraag.