Klusener in Zim-afrigterspos

Die Proteas se voormalige veelsydige speler, Lance Klusener, het weer by Zimbabwe se senior mansspan aangesluit as die span se kolfafrigter. He neem oor by Stuart Matsikenyeri, wat oorskuif na die posisie van hulpafrigter. Lalchand Rajput is steeds die hoofafrigter. Klusener was voorheen tussen 2016 en 2018 Zimbabwe se kolfafrigter. Craig Irvine is aangewys as […]

Read More

Eerste minister se kantoor boos oor berigte oor begroting vir 21 Maart

Die kantoor van die eerste minister het skerp gereageer op berigte dat daar 25 miljoen Namibiese dollar begroot is vir die herdenking van Namibië se onafhanklikheid op 21 Maart. Die skakelbeampte in die kantoor, Rhingo Mutambo sê die korrekte syfer is tien keer kleiner.

Read More

Zambezi: Drankmisbruik onder kinders baie hoog

Die woordvoerder van die Zambezi-streek se polisie inspekteur Kisco Satali sê 70 persent van aangehoudenes in die streek is minderjariges wat op klagtes van dwelm- en drankmisbruik gearresteer is. Volgens hom wek die kwessie baie groot kommer omdat die polisie nie veel daaraan kan doen nie. Hulle verwyder kinders by drinkplekke en die oomblik wat […]

Read More

Geen rede hoekom Cele nie afgedank moet word nie

Die DA sê hy voer reeds lank aan daar is geen goeie rede waarom President Cyril Ramphosa die minister van Polisie, Bheki Cele, steeds in die Parlement hou nie. Die minister het onder skoot gekom nadat die nasionale polisiekommissaris, Kehla Sitole, afgedank is. Andrew Whitfield van die DA sê daar is vyf redes waarom Cele […]

Read More

Covid kan jou brein laat krimp

Die jongste wetenskaplike navorsing in verband met Covid-19 en wat in die vaktydskrif Nature gepubliseer is, toon dat die virus ‘n impak op die brein kan hê wat veroorsaak dat dit kan krimp. In sommige pasiënte het grysstof wat emosies en geheue beheer minder geword en daar is skade gerig in die areas van die […]

Read More

Koeberg-gemeenskap se veiligheid beteken nie veel nie

Net meer as ‘n week is verby sedert die buurland se energieminister Gwede Mantashe die gemeenskapsverteenwoordiger in die raad van die Nasionale Kernreguleerder, Peter Becker, afgedank het. Die uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, Francesca de Gasparis, sê dié posisie word wetlik vereis. Sy glo die afdanking beteken gemeenskappe in die Koeberg-omgewing se […]

Read More

VN smeek dat burgerlikes veilig kan wegkom

Die Verenigde Nasies se hoof van hulpverlening, Martin Griffiths, doen ‘n beroep op alle partye om burgerlikes toe te laat om gebiede wat onder geweld deurloop te verlaat in enige rigting wat hulle verkies. Oekraïne se ambassadeur by die VN beskuldig Rusland dat hy humanitêre deurgangsroetes bombardeer en burgerlikes keer om na Europa te vlug. […]

Read More

Jongste oor NDF-inentings

Lede van die Namibiese weermag het verlede jaar gedreig om die regering hof toe te neem oor verpligte inentings en soldate het ook ‘n petisie opgestel in die verband. Die weermag het inentings verpligtend gemaak in ‘n omsendskrywe wat deur die hoof Martina Pinehas op 29 September 2021 onderteken het. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Pistorius gaan hof toe oor parool

Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius se regspan beskuldig die Departement van Korrektiewe Dienste daarvan dat hy sy kliënt se reg op ‘n regverdige administratiewe proses in sy hantering van ‘n proses om ‘n paroolaansoek skend. Die atleet het reeds meer as die helfte van sy 13-jaar tronkstraf uitgedien vir die moord in 2013 op sy […]

Read More

Zverev moet hom ‘n jaar gedra, of…

Die ATP het die wêreld se nommer drie, Alexander Zverev, ‘n opgeskorte verbod van agt weke en ‘n bykomende boete opgelê vir sy gedrag by die Mexikaanse Ope in Acapulco verlede maand. Die Duitser het met sy raket herhaalde keer teen die skeidsregter se stoel geslaan ná sy dubbelspel-nederlaag. Dit het tot gevolg gehad dat […]

Read More