Gardee: EFF woon hofsessie by

Die EFF het die inhegtenisneming van nog twee verdagtes in verband met die moord op Hillary Gardee verwelkom. Die dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, se liggaam is verlede Dinsdag in Sabie, Mpumalanga, gevind nadat sy vier dae tevore as vermis aangemeld is. Die EFF-woordvoerder Leigh-Ann Mathys sê die party se leierskap sal vandag die familie na die Nelspruit Landdroshof vergesel waar die drie verdagtes die eerste keer sal verskyn: