Hommeltuig plant bome

‘n Australiese maatskappy beveg ontbossing deur kunsmatige intelligensie met spesiaal-ontwerpte saadpeule te kombineer. Die peule word van sogenaamde okto-kopters in die lug tot in die grond gevuur om bome te plant. AirSeed Technologies gebruik ‘n vloot van hoogsgevorderde hommeltuie wat meer as 40 000 saadpeule per dag kan plant. Die maatskappy het reeds meer as 50 000 bome geplant en beoog om ‘n totaal van 100 miljoen bome teen 2024 te plant.