Jill Biden besoek Oekraïne

Amerika se presidentsvrou, dr. Jill Biden, het ‘n verrassingsbesoek aan Oekraïne gebring waar sy gister haar ampsgenoot, Olena Zelenska, by ‘n skool in die westelike stad, Uzhhorod, ontmoet het. Volgens berigte het die twee vroue sowat ‘n uur privaat vergader voordat hulle by ‘n groep kinders vir ‘n handvlytprojek aangesluit het. Zelenska sê Biden was dapper om die land te besoek. Biden sê sy wou wys dat Amerikaners by die mense van Oekraïne staan.