Acsa sal aandag gee aan brandstof-probleem by OR Tambo
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê ‘n gebeurlikheidsplan is in werking gestel om te verseker dat die voorraad stralerbrandstof by die OR Tambo-lughawe in Gauteng teen Oktober ten volle herstel sal wees. Die lughawe ondervind ‘n tekort aan stralerbrandstof wat veroorsaak is weens ontwrigtings wat die vloede in KwaZulu-Natal veroorsaak het. Die uitvoerende hoof van Acsa, […]
Ramaphosa sê mynbou-bedryf maak vordering met beleidshervorming
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het sedert die laaste Mynbou-indaba aansienlike vordering gemaak met die aanvoor van ‘n beleidshervormings-program vir die netwerkbedrywe wat aan mynbou en sy bedrywighede gekoppel is. Hy het die 2022 Belegging in Afrika-indaba in die Kaapstadse Internasionale Konvensie-sentrum toegespreek. Ramaphosa sê mynbou speel ‘n belangrike rol in Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang.
Hei stel ondersoek in na kredietgradering-agentskap vir Afrika
Die nasionale sekretariaat van die African Peer Review Mechanism het die plaaslike ekonoom Salomo Hei as hoof konsultant aangestel vir ‘n studie in verband met ‘n Afrika kredietgradering-agentskap. Hei, wat ook die besturende direkteur van High Economic Intelligence in die hoofstad is, sê die navorsing het reeds afgeskop.
Haufiku reageer op vreemde voorspellings vir volgend Covid-vlaag
Daar is vreemde voorspellings vir die verwagte volgende vlaag Covid-infeksies in Suid-Afrika. Sommige kenners sê dit kan tussen drie tot ses keer groter wees as die vorige vlae. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku gepraat oor sy mening in die verband.
Geen byeenkoms vir Nujoma se 93ste nie
Daar sal geen openbare byeenkoms wees vir die 93ste verjaarsdag van die stigterspresident, Sam Nujoma nie. Nujoma verjaar Donderdag. Sy kantoor het lede van die Namibiese sakegemeenskap en publiek gevra om enige gelukwense direk na sy kantoor te stuur.
Maleisië wil palmolie-uitvoere bevorder
Maleisië se ministerie van kommoditeite het voorgestel om ‘n uitvoerbelasting op palmolie met soveel as die helfte te verminder om ‘n wêreldwye tekort aan eetbare olie te verlig en die markaandeel van die wêreld se tweede grootste palmolieprodusent te vergroot. Maleisië kan die belasting, waarskynlik ‘n tydelike maatreël, verlaag tot tussen 4 en 6 persent […]
Houtskoolprodusente ongelukkig met MEFT se nuwe maatreëls
Die omgewingsministerie het verlede maand maatreëls vir houstkoolprodusente bekend gemaak wat verskeie bepalings insluit. Opleiding van werkers, brandpaaie en meer is ook in die maatreëls vervat. Maar, die Namibiese Houtskoolprodusente-vereniging is ongelukkig oor die bepalings en meer dis onwettig. Michael Degé, voorsitter van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê bure moet […]
N$2m se heroïen, vanuit Namibië, in SA gevind
Polisielede by die Vioolsdrift-grenspos in Suid-Afrika het dwelmhandelaars ‘n groot slag toegedien nadat hulle beslag gelê het op heroïen met ‘n beraamde straat waarde van 2 miljoen Namibiese dollar. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediens het ‘n 30-jarige minibus taxibestuurder oor die grens vanaf Namibië die buurland net na middernag Maandagoggend binnegekom in ‘n Toyota Quantum-minibus. Sy voertuig […]
BoN sal welvaartsfonds bekend stel
Die Bank van Namibië sal die Welwitschia Soewereine Welvaartsfonds die week van stapel stuur. Welvaartsfondse word as uiters positief beskou omdat openbare fondse in die land se ekonomie belê word wat weer ekonomiese groei bevorder en die posisie van firmas waarin belê word, verbeter. Volgens die Bank van Namibië sal die fonds die pad baan vir langtermyn, inklusiewe en […]
Lewensduur van vryheidsbewegings onder die soeklig
Daar is ‘n stelling gemaak dat bevrydingsbewegings se lewensduur gewoonlik 30 jaar is, waarna die krake gesien kan word in die manier hoe hulle regeer. ‘n Bekende politieke, kenner, professor Andre Duvenhage het die stelling gemaak toe hy oor die komende verkiesing in Angola gepraat het. Professor Nixon Kariithi, ‘n media-strateeg en analis van Suid-Afrika, […]