Houtskoolprodusente ongelukkig met MEFT se nuwe maatreëls

Die omgewingsministerie het verlede maand maatreëls vir houstkoolprodusente bekend gemaak wat verskeie bepalings insluit. Opleiding van werkers, brandpaaie en meer is ook in die maatreëls vervat. Maar, die Namibiese Houtskoolprodusente-vereniging is ongelukkig oor die bepalings en meer dis onwettig. Michael Degé, voorsitter van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy sê bure moet in kennis gestel word sou houtskool geproduseer word terwyl die ministerie ‘n toestemmingsbrief geëis het.