Maleisië wil palmolie-uitvoere bevorder

Maleisië se ministerie van kommoditeite het voorgestel om ‘n uitvoerbelasting op palmolie met soveel as die helfte te verminder om ‘n wêreldwye tekort aan eetbare olie te verlig en die markaandeel van die wêreld se tweede grootste palmolieprodusent te vergroot. Maleisië kan die belasting, waarskynlik ‘n tydelike maatreël, verlaag tot tussen 4 en 6 persent van die huidige 8 persent en ‘n besluit kan volgens berigte reeds in Junie in die verband geneem word. Maleisië wil sy markaandeel vir eetbare olie vergroot nadat Rusland se inval in die Oekraïne sonneblomolie-verskepings ontwrig het sowel as Indonesië se stap om die uitvoer van palmolie te verbied, globale voorrade onder gedrang geplaas het.