BoN sal welvaartsfonds bekend stel

Die Bank van Namibië sal die Welwitschia Soewereine Welvaartsfonds die week van stapel stuur. Welvaartsfondse word as uiters positief beskou omdat openbare fondse in die land se ekonomie belê word wat weer ekonomiese groei bevorder en die posisie van firmas waarin belê word, verbeter. Volgens die Bank van Namibië sal die fonds die pad baan vir langtermyn, inklusiewe en volhoubare ontwikkeling. Die bekendstelling vind Donderdagoggend plaas.