Partygate en Beergate verskil ‘hemeslbreed’
Die Britse skaduminister van justisie Steve Reed sê die Partygate-skandaal met premier Boris Johnson en die leier van sy eie party, die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer se sogenaamde Beergate-storie. Hy verduidelik.
Nanso wil met BoN gesels oor studente in Rusland
Die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê Namibiese studente in Rusland het nie toegang tot hul fondse nie. Dit volg na Westerse sanksies teen die land vir sy aanval op die Oekraïne. Volgens die organisasie raak dit veral privaatstudente in daardie land wat nie huur kan betaal of kos kan koop nie. Naboth de Celestino, Nanso se sekretaris vir internasionale aangeleenthede sê talle het begin […]
Nog geld nodig vir staatskaping-vervolging
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê ‘n bykomende 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand is van volgende jaar af nodig om staatkapers aan die pen te laat ry. Die Ondersoekdirektoraat het 82 ondersoeke verklaar en 20 sake aanhangig gemaak, met 65 beskuldigdes. Nege korrupsiesake sal binne die volgende ses maande voorkeur kry. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, het in die parlement […]
Israelse soldate skiet joernalis dood
Die Israelse weermag het die bekende Al Jazeera-korrespondent, Shireen Abu Akleh, in die besette Wesbank doodgeskiet. Sy is deur lewendige ammunisie getref terwyl sy verslag gedoen het oor Israelse klopjagte in die stad Jenin. Die Israelse weermag sê daar is op soldate geskiet en plofstowwe is tydens hul optrede in Jenin teen hulle gebruik, waarna […]
Norman verduidelik wengeld vir Saoedi-gholfreeks
LIV Golf Investments se uitvoerende hoof, Greg Norman, sê sy nuwe Saoedi-ondersteunde uitnodigings-gholfreeks probeer nie om die PGA-toernooi te vernietig nie. Die gewese tweemalige major-wenner bied die eerste uitnodigingstoernooi met ‘n rekord-prysgeld van 402 miljoen Namibiese dollar volgende maand by die Centurion-klub naby St. Albans aan. Norman het in ‘n onderhoud met Sky Sport sy […]
Steenhuisen is boos oor ANC-regering se reaksie op KZN
Die leier van die DA in Suid-Afrika John Steenhuisen wil weet waar die beloofde ad hoc komitee is om die impak van die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal te hanteer. Hy sê beloftes is reeds drie weke terug gemaak. Hy maak ook melding van die reaksie van die eThekwini-munisipaliteit.
Arbeid sluit Cheetah Cement
Alle bedrywighede by Cheetah Cement net buite Otjiwarongo is deur die arbeidsministerie opgeskort weens die oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers. Arbeidsinspekteurs, vergesel deur polisie van Otjiwarongo, het die fabriek gesluit. ’n Kennisgewing is afgelewer wat die fabriek opdrag gee om te sluit na inspeksies op 27 April en 3 Mei. Die sluiting […]
Mariental het die jongste burgemeester nog ooit
Mariental is onder nuwe, jong leierskap. Sherien Kock van die Landless People’s Movement is as die nuwe burgemeester van Mariental ingewy. Die 28-jarige Kock is die jongste burgemeester van ‘n Namibiese dorp sedert onafhanklikheid. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy sien uit na die uitdaging en haar eerste prioriteit is behuising op die dorp.
Denosa ruk op in die Noord-Kaap
Die verpleegorganisasie Denosa in die Noord-Kaap gaan môre ‘n optog hou na die kantoor van die premier, Zamani Saul, ter viering van Internasionale Verplegingsdag. Die vakbond se woordvoerder, Anthony Vassen, sê hulle gaan hulle ongelukkigheid lug oor die dalende gehalte van mediese dienste aan pasiënte in die provinsie. Hy sê dit word toegeskryf aan ‘n […]
IMF leen US$456m aan Mosambiek, oor drie jaar
Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het ‘n drie-jaar verlengde kredietfasiliteit ter waarde van 456 miljoen Amerikaanse dollar vir Mosambiek goedgekeur, met sowat 91 miljoen Amerikaanse dollar wat onmiddellik beskikbaar is. Die fasiliteit is die land se eerste program sedert die IMF ses jaar gelede steun aan Mosambiek opgeskort het. Volgens die fonds sal die drie-jaar program help […]