Denosa ruk op in die Noord-Kaap

Die verpleegorganisasie Denosa in die Noord-Kaap gaan môre ‘n optog hou na die kantoor van die premier, Zamani Saul, ter viering van Internasionale Verplegingsdag. Die vakbond se woordvoerder, Anthony Vassen, sê hulle gaan hulle ongelukkigheid lug oor die dalende gehalte van mediese dienste aan pasiënte in die provinsie. Hy sê dit word toegeskryf aan ‘n tekort aan personeel, begrotingsbesnoeiings en te min verpleegkundiges wat by die verpleegkollege opgelei word: