Mariental het die jongste burgemeester nog ooit

Mariental is onder nuwe, jong leierskap. Sherien Kock van die Landless People’s Movement is as die nuwe burgemeester van Mariental ingewy. Die 28-jarige Kock is die jongste burgemeester van ‘n Namibiese dorp sedert onafhanklikheid. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy sien uit na die uitdaging en haar eerste prioriteit is behuising op die dorp.