IMF leen US$456m aan Mosambiek, oor drie jaar

Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het ‘n drie-jaar verlengde kredietfasiliteit ter waarde van 456 miljoen Amerikaanse dollar vir Mosambiek goedgekeur, met sowat 91 miljoen Amerikaanse dollar wat onmiddellik beskikbaar is. Die fasiliteit is die land se eerste program sedert die IMF ses jaar gelede steun aan Mosambiek opgeskort het. Volgens die fonds sal die drie-jaar program help om ekonomiese herstel en beleid te ondersteun om veral openbare skuld en finansiering kwesbaarhede te verminder, terwyl dit ruimte skep vir openbare beleggings in menslike kapitaal, klimaat aanpassing en infrastruktuur.