Steenhuisen is boos oor ANC-regering se reaksie op KZN

Die leier van die DA in Suid-Afrika John Steenhuisen wil weet waar die beloofde ad hoc komitee is om die impak van die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal te hanteer. Hy sê beloftes is reeds drie weke terug gemaak. Hy maak ook melding van die reaksie van die eThekwini-munisipaliteit.