Facebook-groep help om Suid-Afrikaners uit Oekraïne te ontrium

‘n Facebook-groep en burgerlike samelewingsorganisasie, Ons is Suid-Afrikaners, sê danksy hul lede en skenkers kon hulle gesinne en studente help om van Oekraïne en Europa tuis te kom ná die Russiese inval in Oekraïne. ‘n Stigterslid Gil Martin sê die studente, Lisa Sithole en Johan Nel, is reeds tuis. Martin sê hulle help Suid-Afrikaners wat […]

Read More

Rooies lê klag teen ACC-amptenaar, Noa reageer so…

Die voortvlugtige voormalige landdros, Walter ‘Rooies’ Mostert het ‘n beëdigde verklaring aan die ombud, Basilius Dykugha, sowel as Kosmos 94.1 Nuus gestuur. Hy maak aantygings teen die Teenkorrupsie-kommissie se ondersoekbeampte Justine Kanyangela, en sê sy het meineed gepleeg. Mostert maak verwysing na haar getuienis in sy eie saak. Die direkteur-generaal van die kommissie, Paulus Noa, […]

Read More

Wêreldwaterdag: Is die bron ‘n reg, of ‘n kommoditeit?

Vandag word Wêreldwaterdag herdenk. Daar is talle lande waar water reeds as kommoditeit hanteer word en nie as basiese reg geag word nie, veral omdat die bron al hoe skaarser raak. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman, Basilius Dyakugha gepraat.

Read More

Oos Europa – dit gaan nie net oor Navo nie

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky sê hy moet dringend met sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin vergader. Internasionale nuusagentskappe berig dat hy gesê het Kiëf is oop om sy aansoek vir Navo-lidmaatskap te laat vaar. Dit het die hoop laat ontstaan dat daar moontlik ‘n einde aan die oorlog kan kom maar, volgens die Suid-Afrikaanse politieke […]

Read More

Warhol se Marylin gaan onder die hamer

Die ikoniese Andy Warhol-portret van die aktrise Marilyn Monroe sal in Mei vanjaar onder die hamer gaan by die wêreldbekende Christie’s-veilingshuis. Daar word beraam dat die kunswerk tot 200 miljoen Amerikaanse dollar kan behaal. Die werk, “Shot Sage Blue Marilyn,” is gereed om die duurste skildery van die 20ste eeu te wees, wat ooit op […]

Read More

E-taxi-sektor in SA staak, vir beter beskerming

Die e-taxi-sektor in Suid-Afrika het ‘n beroep op die regering gedoen om te verseker regulasies word ingestel oor veiligheid binne die sektor. Bestuurders verbonde aan wêreldwye toepassingsreuse soos Uber, Bolt, InDriver en Uber Eats regoor Suid-Afrika het vandag begin met ‘n nasionale staking van drie dae. Die stigter en voorsitter van die Private Openbare Vervoervereniging, […]

Read More

Psigiatriese pasiënte val personeel aan, beskadig eiendom

Die DA in Gauteng sê psigiatriese pasiënte in die Helen Joseph-hospitaal het die afgelope jaar 32 personeellede aangerand en omvattende skade aan die eiendom veroorsaak. Die LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het dit bekend gemaak na aanleiding van die party se vrae in die wetgewer. Die DA-lid Jack Bloom sê hierdie voorvalle het ontstaan weens […]

Read More

Houtskoolbedryf vorder baie beter

Dit gaan redelik goed met die houtskoolbedryf en uitvoere na die VSA vorder ook uitstekend. Daar was onlangs uitdagings met vraghouers maar, daar is ‘n bergingsfasiliteit wat op die oomblik uitgetoets word by die Walvisbaai-hawe. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging gepraat.

Read More

Nog studente gradueer by instansies sonder akkreditasie

Plaaslike media berig dat studente wat by die Midlands State University in Zimbabwe ingeskryf was en reeds hul kursusse voltooi het, steeds geen sertifikate ontvang het nie. Die groep sê die universiteit in die buurland het hul verwys na die instansie se plaaslike tak Amadi University College maar, daar word hul weer terug verwys. Van die studente sê hulle wag reeds […]

Read More

Speedo sê koebaai vir Russiese swemmer

Die swemklere-vervaardiger Speedo het sy borgskap van die Russiese Olimpiese kampioen Evgeny Rylov onmiddellik beëindig, nadat hy by president Vladimir Putin se pro-oorlog-saamtrek op die Luzhniki-stadion in Moskou verskyn het. Hy het in verlede jaar se Spele in Tokio goud gewen in die 100- en die 200-meter-rugslag. Rylov is volgens berigte een van agt atlete wat by verlede Vrydag se saamtrek gesien is en die letter ‘Z’ […]

Read More