E-taxi-sektor in SA staak, vir beter beskerming

Die e-taxi-sektor in Suid-Afrika het ‘n beroep op die regering gedoen om te verseker regulasies word ingestel oor veiligheid binne die sektor. Bestuurders verbonde aan wêreldwye toepassingsreuse soos Uber, Bolt, InDriver en Uber Eats regoor Suid-Afrika het vandag begin met ‘n nasionale staking van drie dae. Die stigter en voorsitter van die Private Openbare Vervoervereniging, Vhatuka Mbelengwa, sê hulle wil hê die regering moet regverdige behandeling in die sektor verseker: